Hierdie Banting-resep is gemaak sonder suiker en met gesonde olie.
Lewer 1 koppie
Bestanddele
- 2 eiergele, kamertemperatuur
- 2-3 t vars suurlemoensap
- 1 t Dijon-mosterd
- ʼn knippie sout
- ½ k avokado-olie
- ½ k olyfolie
- 1-2 t kookwater (opsioneel)
Metode
- Klits die eiergele, suurlemoensap, mosterd en sout met ʼn handklitser of elektriese klitser in ʼn lekker groot mengbak. Jy kan ook ʼn voedselverwerker gebruik as jy een het.
- Drup ʼn klein bietjie olie in die eiermengsel en klits weer. Voeg nog ʼn bietjie olie by en klits weer totdat die mengsel begin verdik.
- Nou kan jy die olie in ʼn dun stroompie stadig by die mengsel voeg terwyl jy aanhoudend klits totdat al die olie ingeklits is en jy ʼn lekker dik mayonnaise het.
- Indien jy graag die mayonnaise effens dikker wil hê, klits die kookwater, een lepel op ʼn slag, by. Die kookwater sal die eier liggies begin gaarmaak sodat die mayonnaise dikker word.
- Nou kan jy enigiets daarin doop!
Bron: Armand kook kaal, Volume 2 deur Armand Aucamp
Uitgewer: Lapa