Soorte resepte:

Resep: Tuisgemaakte mayonnaise

Tuisgemaakte mayonnaise (Foto: Armand kook kaal, Volume 2)

Hierdie Banting-resep is gemaak sonder suiker en met gesonde olie.

Lewer 1 koppie

Bestanddele

  • 2 eiergele, kamertemperatuur
  • 2-3 t vars suurlemoensap
  • 1 t Dijon-mosterd
  • ʼn knippie sout
  • ½ k avokado-olie
  • ½ k olyfolie
  • 1-2 t kookwater (opsioneel)

Metode

  1. Klits die eiergele, suurlemoensap, mosterd en sout met ʼn handklitser of elektriese klitser in ʼn lekker groot mengbak. Jy kan ook ʼn voedselverwerker gebruik as jy een het.
  2. Drup ʼn klein bietjie olie in die eiermengsel en klits weer. Voeg nog ʼn bietjie olie by en klits weer totdat die mengsel begin verdik.
  3. Nou kan jy die olie in ʼn dun stroompie stadig by die mengsel voeg terwyl jy aanhoudend klits totdat al die olie ingeklits is en jy ʼn lekker dik mayonnaise het.
  4. Indien jy graag die mayonnaise effens dikker wil hê, klits die kookwater, een lepel op ʼn slag, by. Die kookwater sal die eier liggies begin gaarmaak sodat die mayonnaise dikker word.
  5. Nou kan jy enigiets daarin doop!

Bron: Armand kook kaal, Volume 2 deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.