Soorte resepte:

Resep: Tuisgemaakte vetkoek

Tuisgemaakte vetkoek (Foto: Lapa-uitgewers)

Wat is dan beter as ’n vars, warm vetkoek met kerrie-maalvleis of kaas en stroop op?

Hierdie is die tipe resep wat ons oumagrootjies gevolg het, voor daar al kitsgis in die winkels was. Die sout, louwarm-water, suiker en meel vorm ‘n suurdeeg, selfs sonder om gis by te voeg! Probeer dit gerus!

Bestanddele:

  • 12,5 ml sout
  • 500 ml louwarm water
  • 12,5 ml suiker
  • 120 g ongesifte meel
  • 2 kg wit- of growwemeel

Metode:

  1. Voeg die sout en suiker by die water in ’n kastrol met ’n styfpassende deksel. Strooi die ongesifte meel oor.
  2. Plaas die deksel op, maak warm toe en laat oornag op ’n warm plek staan.
  3. Klop die suurdeeg die volgende oggend wanneer dit gerys het tot meer loperig. Strooi weer ’n bietjie meel oor en maak warm toe.
  4. Na ’n uur of twee behoort die suurdeeg goed gerys te wees.
  5. Roer die suurdeeg in die 2 kg meel en knie. Laat die deeg vir ’n ruk staan om te rys.
  6. Knyp balletjies van gerysde brooddeeg af. Rol langwerpig uit en druk plat tot 10 mm dik.
  7. Laat 5-10 minute lank rys.
  8. Braai alkante bruin in warm vet of olie, dreineer op gekreukelde bruinpapier en bedien warm.

WENK

Dompel ’n klein stukkie deeg in die warm olie. As dit dadelik na die oppervlakte rys, is jou olie die regte temperatuur.

Bron: Lekker en Vinnig: Tradisionele kos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jewel ·

Baie interessant! Geen suurdeeg… die meel/suiker/sout begin blykbaar gis – óú resep…

Tania Heyns ·

Dagsê Nella

Dankie vir jou navraag. Hierdie is die tipe resep wat ons oumagrootjies gevolg het, voor daar al kitsgis in die winkels was. Die sout, louwarm-water, suiker en meel vorm ‘n suurdeeg, selfs sonder om gis by te voeg! Probeer dit gerus!

Groetnis
Tania nms Maroela Media

E.K. die eerste ·

Maroela – ja watter suurdeeg praat jul van – niks in resep!

Tania Heyns ·

Dagsê E.K. die eerste

Dankie vir jou navraag. Hierdie is die tipe resep wat ons oumagrootjies gevolg het, voor daar al kitsgis in die winkels was. Die sout, louwarm-water, suiker en meel vorm ‘n suurdeeg, selfs sonder om gis by te voeg! Probeer dit gerus!

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Mea ·

Die suiker, sout en ongesifte meel in die lou water wat oornag staan vorm die suurdeeg

Zettie ·

Goeie genade kan die mense dan nie lees nie??? Daar kom nie suurdeeg by nie. Lees die resep van heelbo af!

E.K. die eerste ·

Kalm bly mense – ek lees gewoonlik nie die paragraaf bokant die resep nie en draf net vinnig deur resep om te sien of ek alles in die huis het sou ek wou maak. Dus het ek die EENKEER wat dit genoem van bestandele wat gis vorm, gemis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.