Soorte resepte:

Resep-video: Basiese pampoenkoekies

Basiese pampoenkoekies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Dié pampoenkoekies het geen suiker of botter in nie, maar proe steeds nét so lekker.
Lewer 12 pampoenkoekies

Bestanddele

  • 2 k (500 g) pampoen
  • ¾ k koekmeel
  • 1 t bakpoeier
  • 1 eier, geklits
  • olie vir vlakbraai
  • kaneelsuiker (opsioneel)

Metode

  1. Kook die pampoen tot sag en blits dit in ʼn voedselverwerker tot glad.
  2. Voeg koekmeel, bakpoeier en eier by en roer tot goed gemeng.
  3. Skep groot lepelsvol in ʼn pan met warm olie. Draai die pampoenkoekies om en braai tot goudbruin aan albei kante. Verwyder van die olie en laat effens afkoel voordat jy kaneelsuiker daaroor sprinkel vir ekstra lekkerte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.