Soorte resepte:

Resep-video: Gourmet-braaibroodjie

Gourmet-braaibroodjie (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

ʼn Deftige kinkel vir ons tradisionele braaibroodjie.

Bestanddele

  • 1 suurdeegbrood
  • 1 e blatjang
  • Camembert-kaas
  • 6 vars basiliekruidblare
  • 3 songedroogde tamaties, gehalveer
  • botter

Metode

  1. Sny twee dik stukke van die suurdeegbrood af.
  2. Smeer blatjang op en bedek die brood met repe Camembert-kaas.
  3. Pak basilkruidblare en songedroogde tamaties op en maak die broodjie toe.
  4. Smeer nou gesoute botter aan albei die buitekante. (As jou botter ongesout is, sprinkel ʼn bietjie sout oor.)
  5. Plaas die broodjie op ʼn toeknyprooster en braai oor lae hitte tot dit goudbruin raak en die kaas gesmelt is.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.