Soorte resepte:

Resep-video: Knoffel-en-kaas-uitmekaartrekbrood

Knoffel-en-kaas-uitmekaartrekbrood (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Dié is nie jou gewone knoffelbrood nie.
Lewer 1 groot brood

Bestanddele

  • 1 kg brooddeeg
  • 3 e vars pietersielie, fyngekap
  • 3 e oreganum, fyngekap
  • 1 k sagte botter
  • 2 e knoffel
  • 1 e sout
  • 3 k cheddarkaas
  • 3 k mozzarellakaas
  • 400 g (2 pakkies) spek, gaar en in blokkies gesny

Knoffel-en-kaas-uitmekaartrekbrood (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Metode

  1. Rol die deeg uit tot dun, maar hanteerbaar.
  2. Meng die pietersielie, oreganum, botter, knoffel en sout saam tot ʼn smeer.
  3. Smeer dit reg oor die uitgerolde deeg.
  4. Sprinkel die cheddarkaas en mozzarellakaas oor en dan die spek.
  5. Sny die deeg in blokkies van sowat 10 x 10 cm elk en pak elke ry blokkies in ʼn stapel.
  6. Vat elke stapel en plaas dit skuins in ʼn uitgevoerde broodpan. Jy kan die deegblokkies nader aan mekaar druk sodat jy die broodpan so vol as moontlik maak.
  7. Bak die brood vir 30 minute teen 180 °
  8. Bedien warm. Gaste kan nou elkeen ʼn stukkie van die brood aftrek en geniet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

MM.. ·

Magtag man!!! nou wil ek net huis toe gaan en gaan braai!!!! Lyk fantasties lekker

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.