Dis maklik om pampoentert te maak.
Lewer sowat 6 porsies
Bestanddele
- ¾ k suiker
- 125 g botter of margarien
- 2 eiers
- ½ k bruismeel
- 1 k melk
- 500 g gaar pampoen, fyngemaak
- kaneelsuiker
Metode
- Room die botter en suiker saam en klits die eiers een vir een by.
- Sif bruismeel by en meng.
- Voeg melk en pampoen by en meng weer. Die beslag sal slap wees.
- Giet die mengsel in ʼn oondbak en bak vir 1 uur teen 180 °
- Strooi kaneelsuiker oor en bedien warm.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Hiérdie klink absoluut heerlik. Kan Butternut ook gebruik word? Is dit ‘n bykos of ‘n nagereg?