Soorte resepte:

Resep-video: Potbrood in ʼn japtrap

Potbrood in ʼn japtrap. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hierdie potbrood is ʼn wenner wat baie honger mae sal vol kry met min moeite van jou kant af.

Die potbrood werk sowat R30 uit indien jy dit by uitgesoekte SPAR-handelaars aankoop. Dié prys* is uitgewerk vir al die bestanddele, behalwe die stapelitems wat waarskynlik reeds in jou kombuiskaste sal wees.

*Die prys is uitgewerk op spesifieke SPAR-handelaars se pryse en kan verskil. 

Bestanddele

  • 1 sak winkeldeeg
  • growwe seesout
  • roosmaryntakkies
  • olyfolie

Metode 

  1. Rol die deeg in ʼn bal en smeer dit reg rondom met olyfolie.
  2. Plaas dit in ʼn oondbak of pan, en laat dit vir sowat 20 minute op ʼn warm plek staan om te rys.
  3. Voorverhit die oond tot 180 °
  4. Sodra die deeg verdubbel het in grootte, kan jy die sout oor strooi, en hier en daar ʼn takkie roosmaryn in druk. Jy kan ook kaas en fyn biltong bo-oor strooi.
  5. Bak die brood in die oond vir sowat 1 uur of tot ligbruin en gaar.
  6. Laat dit behoorlik afkoel voordat jy dit met ʼn broodmes sny en bedien.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

Dankie aan SPAR wat dié video geborg het. Ons het van SPAR se handelsmerkprodukte vir die bestanddele gebruik, asook produkte uit SPAR se jongste Masterchef-reeks. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.