Soorte resepte:

Spektertjies

Spektertjies is warm op hul lekkerste. Hou hulle in die koel- of vrieskas tot benodig en warm op net voor jy dit opdien.

Bestanddele:
500 g ontbytspek met baie vleis aan
100 g (250 ml) gerasperde Cheddar-kaas
800 g (6 x 250 ml ongesifte) koekmeelblom
2 ml sout
500 g botter of margarien
2 eiers, geskei
100 ml yswater
15 ml suurlemoensap
5 ml kremetart

Metode:
Maal spekvleis en meng met kaas. Sif meel en sout saam en vryf botter daarin tot goed gemeng. Klits eiergele, water, suurlemoensap en kremetart saam en maak meelmengsel daarmee aan tot ‘n deeg wat maklik uitgerol kan word (voeg nog yswater by indien nodig). Rol deeg dun uit en druk sirkels met ‘n deursnee van 8 cm af. Plaas klontjies spekmengsel op sirkels, verf rande met eierwit, vou soos handtertjies toe en druk rande met ‘n vurk vas. Plaas op ‘n bakplaat, verf eierwit bo-oor en bak sowat 15 minute by 220°C. Lewer sowat 80 tertjies.

Oorspronklik gepubliseer in Huisgenoot Wenresepte 1 deur Annette Human. Human & Rousseau, 1981.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.