Soorte resepte:

[Video] Hap saam met Lochner: Kroek-kette

Lochner de Kock (Skermgreep uit die video)

Bestanddele

4 snye witbrood
blatjang
kaas
mosterd
sonneblomsade
sout
oorskiet-steak

Metode

Maak olie in ʼn pan warm.
Sny korsies van brood af.
Rol die brood plat.
Vul broodsnye volgens persoonlike voorkeure.
Rol brood oop.
Braai opgerolde brood in warm olie vir ongeveer 1 minuut. Haal uit pan en sit voor!

Sien gerus in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Sien al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. -Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ina ·

hoe lekker was dit om na te kyk. ek sommer nou ontspanne. nuus maak my so gestress dat hierdie omtrent ‘n heerlike iets anders was. Lochner bied nog resepte aan, dit was so kalm en rustig.

Annette Laubscher ·

Baie dankie Lochie – lekker aandete idee vir vanaand!

marie ras ·

Dis verseker ‘n Vrydagaandete!
Eenvoudig, dog dit lyk so lekker.

Saam met ‘n glasie wyn, smaaklik!
Dankie Lochner

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.