Soorte resepte:

Cappuccino-yskastert

Cappuccino-yskastert. (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie yskastert kan opgedollie word met geklitste room, gerasperde sjokolade of granaatpitte.

Lewer 6 porsies

Kors

  • 1 sjokoladerolkoek

Vulsel

  • 200 g cappuccino-sjokolade, in stukkies gebreek
  • 4 eiers
  • 350 g botter, gesmelt
  • 375 ml strooisuiker
  • 50 g pekanneute, gekap

Metode

  1. Smeer ʼn tertbak.
  2. Kors: Sny die rolkoek in skywe en pak onderin die tertbak.
  3. Vulsel: Smelt die sjokolade in die mikrogolfoond of in ʼn dubbelkoker.
  4. Klits die eiers, gesmelte botter, strooisuiker en gesmelte sjokolade saam tot glad. Voeg die neute by.
  5. Giet die vulsel oor die rolkoek en laat oornag in die yskas tot gestol.
  6. Bedien met geklitse room, gerasperde sjokolade of granaatpitte.

Resep: Lekker & Vinnig Yskasterte uit Vinnig en Maklik Resepte uit Vrouekeur 1, Marlo Carstens

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

netek ·

Maroela is daar nie `n leêr waarin ons ons gunsteling resepte kan bêre om later weer op te soek nie. Dit sal mos nou baie gaaf wees.

Mallie ·

Dis n blink plan met afskortings vir verskillende disse. Heerlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.