Soorte resepte:

Checkers maak kosmaak tuis makliker

Die Ready to Chef -maaltydpakket (Foto: Verskaf)

Checkers sal dié week die eerste supermarkgroep in Suid-Afrika word wat maaltydpakkette verkoop.

Die “Ready to Chef”-maaltydpakketreeks sluit alles in wat jy nodig sal hê om ’n spesifieke dis te maak – die bestanddele, resep, speserye én ʼn QR-kode wat geskandeer kan word om ʼn video van die resep te speel. Volgens ʼn verklaring deur Checkers is “Ready to Chef” deur sjefs ontwikkel en bevat elke pakket vars, plaaslike bestanddele.

Selfdoen-maaltydpakkette soos dié raak al meer bekend in Suid-Afrika, met besighede soos UCook en Daily Dish wat reeds suksesvol is daarmee.

Checkers beloof dat selfs mense wat baie gedruk is vir tyd, tyd sal hê om dié “Ready to Chef”-pakkette te maak. “Alle verbruikers kan nou heerlike, moeitelose maaltye by die huis voorberei,” het Checkers laat hoor.

“Ready to Chef”-maaltydpakkette beloop tussen R119,99 en R179,00 per pakket, wat ʼn maaltyd vir twee mense bevat. Die porsies in die pakket is ook perfek afgemeet, sodat geen kos gemors word nie.

Vier verskillende resepte, insluitend ʼn vegetariese opsie, sal elke week in winkels beskikbaar wees. Daar is ʼn totaal van 16 maaltydpakkette in die “Ready to Chef”-reeks, wat die volgende resepte insluit:

  • Botterhoenderkerrie met roti’s
  • Blomkool-herderspastei
  • Asiatiese bees-en-sesamsaadslaai
  • Risotto met sampioene, ertjies en ment
  • Bees-stroganoff met zucchini-spaghetti
  • Biltong-nicoise-slaai
  • Soetsuur varkvleis met jasmynrys

Die “Ready to Chef”-maaltydpakkette sal vanaf Donderdag 23 Augustus by alle Checkers- en Checkers Hyper-winkels reg oor Suid-Afrika beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

30 Kommentare

jongste oudste gewildste
Enkelmamma

Hoera Checkers!!! Ek is ‘n groot ondersteuner van jul winkels, billike pryse, ordentlike produkte en die diens is meestal flink. Wat my wel pla is die volgende: Hoe op dees aarde moet die gemiddelde persoon die Ready to Chef bokse bekostig? Meeste van ons is middelklas gesinne, enkel ouers, werkendes. Dit is juis ons wat nie die tyd het om vir ure te kook of te sukkel. R180 per ete vir 2 persone? Dis baie hoog, in daardie geval kan ons mos net in ‘n restaurant gaan sit elke aand en dan het ons nie eers skottelgoed? Die enigste persone… Lees meer »

M

Duur!!

ANON

Stem absuluut 100% Saam.
Mens kan by Checkers Deli vir R80 n ordentlik “kook” kos ete kry vir 4 Mense.

Ruby

Ek sal dit glad nie koop nie.

Vir daardie geld maak ek kos vir ‘n gesin van 5 en dan moet jy dit nog self maak.

Theresa

Wonderlik dat so iets nou beskikbaar is – lekker solank vir nou en dan. Hoop hul lees hier dat hul bietjie kan skaaf aan die prys.