Soorte resepte:

Corli se troukoek span die kroon

Corli Botha (Foto: kyknet.dstv.com)

Corli Botha (Foto: kyknet.dstv.com)

Die spanning is eindelik verby! Die kranige entrepreneurbakker Corli Botha, vrou van die oud-rugbyspeler Gary Botha, is Donderdagaand op kykNET se werklikheidsreeks Koekedoor as die tweede wenner van dié gewilde reeks aangewys.

In die slotaflewering van die reeks het Corli en Wessels van Vuuren, die enigste man wat aan die reeks deelgeneem het, troukoek gebak om te beslis wie met dié gesogte titel huis toe gaan.

Corli het aan Maroela Media vertel sy is oorweldig deur dié prestasie. “Die reeks is al ʼn geruime tyd gelede opgeneem, maar toe ek as wenner aangekondig is en daar is net confetti oral, het dit wel ingeskop. Ek is opgewonde oor wat dit vir my toekoms beteken, en dis vir my ʼn ongelooflike voorreg om as wenner aangewys te word.”

Corli en Wessels moes vir die eindronde elkeen ʼn troukoek bak vir ’n “Troue in Tulbagh”. Die deelnemers moes in dié geval die “wense” van die bruid nakom met hul gebak, terwyl hulle voorheen vrye teuels gehad het.

Wessels van Vuuren (Foto: kyknet.dstv.com)

Wessels van Vuuren (Foto: kyknet.dstv.com)

“Ek het meer as 35 uitdagings vir Koekedoor voltooi. Dit was ʼn ongelooflike leerskool en dit het my beslis verryk. Jy sal nie glo hoe baie jy van jouself leer nie,” sê sy.

Corli se botterkoek, vanielje-sponskoek, klapperkoek, suurlemoen-en-jogurtkoek, ’n sout-karamel-vulsel en lemmetjiestroop met ʼn wit fondant-laag het haar uiteindelik die kroon gesorg.

Sy vertel die geheim tot die perfekte koek is om die resep stap vir stap te volg. “As jy ʼn resep kan lees en volg, kan jy ʼn koek bak, al het jy dit nog nooit vantevore gedoen nie. Ek moes ook leer om die oonddeur toe te los totdat dit tyd is om dit oop te maak,” het sy geskerts.

Haar eerste resepteboek is van 15 Augustus landwyd in winkels beskikbaar.

“Ek het nog ʼn paar nuwe projekte en is baie opgewonde om dit alles te deel, maar is nog nie gereed om nou die aap uit die mou te laat nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Delani ·

Ek het elke episode van Koekedoor gevolg. Laas jaar sin ook, en dit was amazing. Het elke episode gelove!! Hoop hulle gaan volgende jaar weer een he!!

Barend ·

Hallo Delani. Die Afrikaans vir ‘amazing’ is: Verbasend, wondelik; en vir ‘gelove’ in die sin wat jy dit gebruik het, sou ek sê, ‘baie graag na elke episode gekyk’, of ‘baie van elke episode gehou’.
Groete..

charlene ·

Barend, ek het dit ook ge-check en was dit nou nice nie, “so totally amazing” ek gaan die boek for sure vir my aanskaf, kan nie wag om te gaan internet shop nie.
Corli – toe ek jonger was hetek my ma gevra sy moet my leer kos maak, haar reaksie was: “kan jy lees” ek nog ewe YIP, toe sê my ma vir my as jy kan lees kan jy kos maak – en daar het my liefde begin vir kos maak, ek is nou ongelukig een van daai wat die resep net die 1ste 5 keer volg dan begin ek speel met daai respek en ek geniet elke oomblik van dit, kan nie wag vir jou boek nie.

Heystek van Rooyen ·

Baie geluk Corli jy was fatasties sê ook vir Gary groete ken hom al baie jare maar het ongelukig sy tel nr verloor

Annie ·

Baie geluk Corli – jy het dit verdien om te wen !!!!!!!!!!!!!!!

Van ·

Baie Geluk Corli, eks baie bly jy het gewen. Baie geluk aan Wessels ook, tweede plek is nie te versmaai nie, dit was ‘n lekker reeks en die deelnemers baie aangename mense. Ons hoop om gou weer ‘n nuwe reeks te sien.

net ek ·

Ek is baie ongelukkig oor die uitslag. Hoe kan hulle die wenner kies op iets wat een deelnemer al vele kere gedoen het, en die ander nog nie? Persoonlik voel ek dit is uiters onregverdig. Kies dan eerder iets wat beide nog nie gedoen het nie , of dan iets wat reeds in die reeks gedoen is en kies dan daaruit die wenner. Die beoordelaars het almal meer van Wessels se smake gehou, waar Corli se afwerking beter was? Maar wees eerlik, koop jy iets om te eet oor hoe dit lyk of oor hoe dit proe?!?
Jammer Corli, maar Wessels is in my oë die regmatige wenner.

L ·

Stem saam. sy het al voorheen troukoeke gebak en is blykbaar ervare daarin. Wessels moes gewen het.

Elizabeth ·

Genade tog – hoe de drommel moet ‘n mens op die oog af weet hoe ‘n koek gaan smaak……en die ‘lyk’ by die koop van gebak speel beslis ‘n enorme rol indien nie die enigste rol nie.
En ja ek bloei vir Wessels hy kon net sowel ook die wenner gewees het – 50/50.

Hendrik ·

Tot 60 persent van wat Wessel gebak het in die reeks was sy eerste en tops uitgekom.Sanet is uit verlede week en sy maak n bestaan daagliks daaruit, so ek gee Corli nie n voosprong nie maar was n gelyke kans met Wessel. Die beste een het gewen.

Sarie ·

Daar was so rukkie gelede ‘n feitlik identiese troukoek op die program Cake Boss gewees, is baie duidelik waar Corli haar idee gekry het en dink ook Wessel moes wen

Anda le Roux ·

Ek glo Corli is ‘n waardige wenner. Hoekom? Haar ervaring in die bak van troukoeke maak haar die wenner. Kyk hoe verloor ons Springbokke omdat onervare (maar uiters talentvolle) spelers bo gesoute spelers gekies word! Net so is Wessels ‘n uiters talentvolle bakker, maar Corli was in die finaal die gesoute een. Dink mense, dink! Verstand eers, dan emosie!

Esti ·

Was die vorige Koekedoor sè laaste uitdaging nie ook n troukoek nie? Wessels moes miskien homself bietjie voorberei het. Ek het albei baie geniet maar dink tog Corli was n kortkop voor…….

net ek ·

Elizabeth.. ek dink nie ons gaan ooit hieroor saamstem nie. Gelukkig is ons almal geregtig op ons opinies. Ek persoonlik gaan volgens smaak, ek sal nie sommer iets koop voordat ek dit geproe het, of by iemand gehoor het hoe dit proe nie, maak nie saak hoe mooi dit is nie.

Liza ·

Baie geluk Corli! En moet jou nie steur aan die kritiek hierbo nie! Jy en Wessels het verdien om te wen, maar daar kan net een wenner wees en dit is JY!!! Jy is ‘n pragtige mens, voorspoed met alles wat jy aanpak!

Vienna ·

I always enjoying watching Koekedoor.
Maar, ek het gedink/ gewens Wessels wen.
Ten spyte van die ou tannie/ judge, wat Corli
van die begin af ge-favour het.
Almal wat Koekedoor gekyk het, weet dat Wessels
se gebak altyd beter gesmaak het.
But, if ‘looks’ counted – geluk Corli

Jane ·

Geluk aan Corli maar ek het gehoop Wessels sou wen. Hy was altyd so “laid back” en het altyd sulke amazing gebak gelewer. Ek moet ook geluk sê aan die redaksie, want hierdie Koekedoer se program is baie baie beter as die Bake off. Dit is asof die deelnemers “click” en dit voel vir my as kyker dat hulle mekaar al baie lank ken om so goed oor die weg tekom.

lisa ·

Albei was vir my wenners en uit my oogpunt, het Wessel baie dekking gekry en hy gaan n baie bedrywige manvorentoe raak met sy heerlike gebak. Geluk Corli.

Lizzie ·

Nee wat skakel die ou tante/judge uit. Sy het van die begin vir Corli gelike. Bring n 4e judge in die laaste episode wat nie die hele tyd by was. Laat beste 2 iets doen wat nog nie een gedoen het, dan sal dit regverdig wees.

Louise ·

Wel, hats off vir Wessels. Hy het al 9 daai anties wat ervare, asook party wat elke dag bak vir inkomste, goed laat sweet en op hul tone gehou. Dit wil gedoen wees! Als wat hy doen het hy meestal homself geleer. Ek hoop regtig daar gaan baie deure oop vir hom.

Geluk Corli! Geniet jou pryse.

Elvira ·

As Corli al troukoeke versier het was haar poging maar flou. Die koek is ook te sien op ander webwerwe. Geensins oorspronklik nie.

AmY ·

Baie geluk Corli. Wessels was ook goed, maar jy het verdien on te wen. Hoop ons gaan nog baie van jou hoor.

Elizabeth ·

Nou ja dit was heerlike vermaak gewees en ek hoop hulle bring Kokkedoor ‘n slag weer terug!

Elsie ·

Ek wonder maar net of die vorige uitdagings se punte by die aanwys van n wenner in berekening kom

Bibbies ·

Corli sal jy asb vir my kom koek bak ek is nou moeg vir my vrou se gebrande koeke….

Bella ·

Ek vra net… geensins om krities te wees nie . Kyk baie kosprogramme onder andere Cake Boss. Die lint om die koek… op van die kosprogramme is daar al gesê dat alles eetbaar moet wees. Nou wonder ek is dit materiaallint?
Hoop iemand kan my antwoord. Of dit wel ook n vereiste was met die wedstryd.

TJ ·

Ek kyk gereeld hul program en geniet die uitdagings Baie geluk aan haar sy verdien dit

E.K. ·

Baie goeie program – ek was mal oor die fotografie. Dit was nie net heeltyd hoe hul bak, maar pragtige natuurtonele met van die blomme en insekte – regtig puik. Gun tog die wenner haar wen liewe aarde, nou is hier weer ‘n klomp slimjannies/slimsannies wat beter weet. Ek het ook baie van Wessels gehou maar ek glo daar is na meer dinge as net die versiering van die koek gekyk. Ek is seker Wessels se pad is oop in wat hy ookal gaan doen, hy lyk na ‘n liewe ou en ek dink hy sal ook goed doen vorentoe.

E.K. ·

Ek dink, met sulke groot pryse vir die wenner, sou ek, as ek sou waag om deel te neem aan so program, sorg dat ek vooraf allerlei snaakse soorte koeke/gebak probeer baasraak! As jy nog nie iets voorheen gedoen het is dit nou niemand se skuld as jy dit nie kan doen nie!

Johanna Botha ·

Baie geluk aan beide van julle het dit so geniet en was vir my ook Amazing !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.