Soorte resepte:

Dié jong sjefs toor met sampioene

Ross Richardson, voorsitter van Samfa, saam met die top-3.(Foto: Samfa)

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Sampioenboere (Samfa) het saam met die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Sjefs (SACA) jong sjefs genooi om hul vernuf met sampioene ten toon te stel in SAMFA se jongsjef-toekennings.

Geakkrediteerde SACA-beoordelaars het vyf finaliste uit die inskrywings gekies en hulle het aan ʼn regstreekse kompetisie deelgeneem waar hulle teen mekaar kos gemaak het.

Ross Richardson, voorsitter van Samfa, sê al die deelnemers het wonderlike disse voorberei en het sampioene op die beste moontlike manier ten toon gestel.

“Heerlike vars en geurige sampioene was die sleutel tot hul sukses,” sê hy.

Die wenner van die kompetisie was Johann Neethling van die Prue Leith Culinary Institute in Pretoria. Leroy Mguni van HTA School of Culinary Art en Jerome Sadiq van Capsicum Culinary School was die ander twee wenners onder die top-3.

Johann Neethling (Foto: Samfa)

“Elke finalis se resep het ʼn sekere towerkrag gehad en die beoordelaars was baie beïndruk,” sê Stuart McClarty, een van SACA se senior beoordelaars.

“Die unieke manier waarop die finaliste die wonder van sampioene in hul gunsteling‑ alledaagse disse vasgevang het, het regtig die veelsydigheid van sampioene ten toon gestel. Elke finalis het wonderlike talent getoon,” sê McClarty.

Samfa sê hulle is opgewonde om die sjefs se loopbane te volg en glo hulle sal nog baie sukses behaal in Suid-Afrika se gasvryheidbedryf.

Buiten die titel van Samfa se beste jong sjefs, het die top-3 ook weggestap met gesamentlike kontantpryse van R20 000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Strandloper

Sjoe….dog daar staan toor met shampoe …imagine…