Soorte resepte:

Dié lesers wen kaartjies na Fijnwyn-fees

(Foto verskaf deur Fijnwyn-fees)

Vyf gelukkige Maroela Media-lesers het elk ʼn dubbelkaartjie na Fijnwyn, die uiters gewilde wyn-en-kosfees wat jaarliks deur Shokran Events Venue in Pretoria aangebied word, gewen.

Baie geluk aan Anja Jordaan, Henriette Herholdt, Rudie Prinsloo, Juanin Hanekom, Rene Pero wat op 21 Maart ʼn verskeidenheid uitsoekvonkelwyne by Fijnwyn Bubbles sal kan proe en koop.

Uitstallers staan ook gereed met allerlei versnaperings en kos waaraan feesgangers tussendeur kan smul. Boonop kan wynliefhebbers en gesinne dit alles binne ʼn veilige buitelugomgewing ervaar waar oud en jonk kan uitspan.

Besoek Fijnwyn se webwerf om meer oor die wynplase, kosmark, bestellings vir smulbokse en kaartjieverkope te wete te kom. Rig enige navrae aan Charmaine Lourens by [email protected] of bel haar by 082 335 5659.

Hou Maroela Media dop vir nog lekker kompetisies en skryf in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.