Soorte resepte:

Die top-10 kosgiere vir 2019

Marokkaanse kos en speserye (Foto: Pixabay)

Vanjaar kon die kosgiere nie in een kategorie geplaas word nie – mense het gefokus op kompetisiestyl etes, kossoorte wat sag op die dermkanaal is en alkoholvrye drankies. Die neiging van kompetisie-etes is opgemerk ná afloop van verskeie realiteitskosprogramme soos Come Dine With Me en Masterchef.

Dit lyk wel of mense in 2019 weer ʼn bietjie op gesondheid gaan fokus. Afgesien van gesonde kossoorte is sterker speserye met skop ook ʼn gier wat in 2019 meer bekend sal word.

Pinterest het in sy The 100-lys die 10 grootste kosgiere vir 2019 bekend gemaak. Soekwoorde wat verband hou met die nuwe giere het met meer as 2 500% toegeneem op dié bekende sosialemedia-platform. Volgens Pinterest wil mense gesonder eet, hulle wil die kos self maak en hulle wil dit vinnig maak.

Hier is Pinterest se top-10 kosgiere vir 2019.

  1. Marokkaanse hitte (+2 579%)

Noord-Amerikaanse speserye soos komyn, koljander en kardemom prikkel die smaakknoppies en maak gewone disse spesiaal.

  1. Lugbraai (+1 809%)

Mense is mal oor lugbraaiers. Dit gebruik warm lug in plaas van olie om kos ʼn goudbruin en krakerige buitelaag te gee.

  1. Plantproteïen (+417%)

    kekerertjies, bone en lensies is alles goeie opsies van plantproteïen (Foto: Pixabay)

Vleis is nie die enigste bron van proteïen nie. Lensies, hennep en quinoa is ook propvol daarvan en smaak net so goed.

  1. Veganistiese nageregte (+329%)

Nageregte wat geen dierprodukte gebruik nie, raak gewilder. Vervang botter met kokosneutolie en eiers met vlassade.

  1. Sop eerder as sap (+306%)

Warm, geurige soppe het bekender geword as vorige jare se groente en vrugte wat versap is.

  1. Ertjies (+273%)

Oliebelaaide aartappelskyfies word deesdae vervang met verskillende soorte vars ertjies.

  1. Hittige souse (+222%)

Koreaanse speserye soos gochujang is witwarm – nie net in jou mond nie, maar ook as kosgier vir 2019.

  1. Superkoffie (+218%)

Koffie wat opgekikker word met proteïenpoeier of maca help jou om aan die gang te kom op ʼn moeilike Maandagoggend.

  1. Alkoholvrye skemerkelkies (+160%)

Dit was nog nooit so maklik om nie alkohol te drink nie. Dis te danke aan nie-alkoholiese drankies wat smaaklik is en deftige bestanddele bevat.

  1. Ghee (+155%)

In die hedendaagse samelewing waar enige melkproduk as ʼn euwel beskou word, is ghee ʼn gewilde laktosevrye kos met ʼn neuterige geur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.