Al meer Suid-Afrikaners is besig om ʼn palet en waardering vir bourbon, ʼn soort Amerikaanse whiskey, te ontwikkel.
Rowan Gibb, ambassadeur van Woordford Reserve, ʼn bekende bourbon-handelsmerk, sê bourbon het ʼn ryk en fassinerende geskiedenis, wat bydra tot sy aanloklikheid.
“Bourbon het iets om te bied vir elke whiskey-palet, van ʼn sterk graan- en houtsmaak tot soet node soos vrugte, blomme en speserye,” sê Gibb.
Sowat vier miljoen Suid-Afrikaners drink graag whiskey, wat dit een van die gewildste alkoholsoorte in die land maak. Gibb verduidelik dat whiskey-drinkers aanvanklik grotendeels ouer mans was, maar vroue het ook deesdae ʼn nuutgevonde entoesiasme daarvoor.
“Onlangse verslae van ʼn verskeidenheid bedryfsontleders dui aan dat meer vroue whiskey begin geniet.
“Hierdie verslae toon dat die groei in die bourbonkategorie floreer danksy ʼn entoesiastiese aanvraag van die verbruiker uit elke inkomstegroep van 40-jaar en jonger. In sommige internasionale verslae is getoon dat amper die helfte van die bourbon-drinkers vroue is.”
Gibb sê ook bourbon het ʼn nuwe gewilde mark geskep onder die sogenaamde millennials.
“Hulle is geïnteresseerd in die proses en die storie van die whiskey. Hulle besoek feeste, proe-geleenthede en brouerye in ʼn poging om meer te leer. Hulle is vol verwondering daaroor.”
Volgens die Distilled Spirits Council van die VSA is Suid-Afrika een van die belowendste uitvoermarkte vir Amerikaanse whiskey soos bourbon. Amerikaanse whiskey-uitvoere na Suid-Afrika het van 2016 tot 2017 met 17% gegroei tot meer as $10,5 miljoen (sowat R170 miljoen)
Wat die verskil tussen whiskey en bourbon?
Elizabeth McCall, assistent meesterdistilleerder van Woodford Reserve, verduidelik dat bourbon slegs in die VSA produseer word, meestal in Kentucky.
“Ten minste 51% mielies word gebruik en rog, gort en koring maak die res van die versnit op. Bourbon moet van ten minste 51% mielies gemaak word om as bourbon geklassifiseer te word.”
Vir meer inligting oor Woorford Reserve besoek hul webtuiste hier.
Hoe proe dit met coke?