Soorte resepte:

Kaneel- en heuninglatte

Genoeg vir 4

Foto uit: Trooskos uitgegee deur Lapa

Bestanddele:
2 k (500 ml) Clover Mmmmilk (vanieljegeurmelk)
2 kaneelstokkies
⅓ k (80 ml) sterk filterkoffie
2 e (30 ml) heuning
⅓ k (80 ml) Clover vars room, styf geklits
½ t (2 ml) gemaalde kaneel

Metode:
Verhit die melk en kaneelstokkies in ‘n kastrol oor matige hitte. Verhit tot net onder kookpunt. Verwyder van die hitte, plaas die deksel op en laat staan vir 10 minute sodat die geure kan ontwikkel. Skep die kaneelstokkies uit en voeg die koffie en heuning by. Verhit weer oor matige hitte vir 2 tot 3 minute tot deurwarm. Giet in hittebestande glase en skep room oor. Garneer met kaneel.

Uit: Trooskos deur Clover
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.