Soorte resepte:

Kry ’n koffie-ervaring op barista-vlak

Nespresso se Vertuo Next-koffiemasjien beloof die perfekte koppie koffie met die druk van ʼn knoppie elke keer wanneer jy koffie maak. (Foto: Verskaf)

Dalk is jou huis nog steeds jou kantoor, of dalk is jy net ʼn ernstige koffieliefhebber. Hoe ook al, nou kan jy ʼn koffiewinkel in jou eie kombuis besit.

Nespresso het pas sy Vertuo Next-koffiemasjien op 1 Oktober, internasionale Koffiedag, bekendgestel. Die masjien beloof die perfekte koppie koffie met die druk van ʼn knoppie elke keer wanneer jy koffie maak.

Daar is natuurlik iets ontspannend daaraan om self ʼn koppie boeretroos te maak; die weeg en maal van die koffiebone wat met die drup van kookwater in verruklike koffie omskep word.

Tog wil die meeste mense soggens net ʼn vinnige en eenvoudige koppie koffie kry om die dag mee af te skop.

Dit is hier waar die Nespresso Vertuo Next in die prentjie kom. Geen vaardighede word benodig om koffie te maak soos die wêreld se beste baristas in die topklas koffiewinkels nie, behalwe as jy dink om ʼn kapsule in masjien te plaas en ʼn knoppie druk is ʼn soort vaardigheid. Die moeilikste ding wat jy gaan moet doen is om te besluit watter soort koffie jy wil drink en in water grootte beker om dit te geniet.

As dit by koffie kom, pas een grootte beslis nie by almal nie. Die Vertuo Next bied jou die geleentheid om ʼn groot koffie vir die oggend te maak terwyl jy ʼn cappuccino met middagete kan geniet en die aand met ʼn heerlike espresso ná ete kan afsluit.

Koffieliefhebbers kan kies uit vyf verskillende groottes en 30 uitsonderlike koffiegeure. (Foto: Verskaf)

Nespresso Vertuo Next bied koffieliefhebbers ʼn kraffie-grootte koffiekapsule om meer koppies koffie op ʼn slag te bedien. Die glaskraffie kan ook ʼn groter hoeveelheid koffie vir langer warm hou. Daar is bekergrootte, gran lungo-grootte, asook dubbel espresso- en espresso-grootte koffie.

Boonop is daar ook 30 uitsonderlike koffiegeure om van te kies. Elke koffie het ʼn kapsule pasgemaak om seker te maak die slim Centrifusion-tegnologie draai elke greintjie koffiegeur en -olie daaruit. ʼn Laser in die masjien lees die kapsule se unieke strepieskode om te bepaal hoe dit voorberei moet word om die beste smake en aroma van elke koppie te verseker.

Die slim Centrifusion-tegnologie van die koffiemasjien draai elke greintjie koffiegeur en -olie daaruit. (Foto: Verskaf)

Die koffie word afgerond met ʼn ruim hoeveelheid van daardie sysagte goudbruin skuim  (crema) bo-op goeie varsgemaakte koffie.

Die Vertuo Next beskik oor ʼn reeks van drie masjiene: die Nespresso Vertuo Next, Vertuo Next Premium en Vertuo Next Deluxe. Elke masjien spog ook met ʼn paar stylvolle en praktiese bykomstighede soos moderne glasbekers.

Verder kan ʼn mens ook jou gunsteling-boeretroos met ʼn geruste hart geniet, want Nespresso doen alles in sy vermoë om sy produkte se koolstofvoetspoor te beperk. Die masjiene word uit 54% herwinbare plastiek gemaak en elke koffiekapsule is van aluminium, ʼn oneindige herwinbare materiaal. Nespresso belê ook in sy eie herwinningsprogramme en is daartoe verbind om dit so eenvoudig en gerieflik vir verbruikers te maak om hulle gebruikte kapsules te herwin. Selfs die masjien se verpakking is van 99,5% herwinde materiaal gemaak en kan ook weer herwin word.

Die Nespresso-masjien (vanaf R3 499), koffiekapsules en bykomstighede kan by ʼn Nespresso-boetiek of aanlyn by za.buynespresso.com aangeskaf word.

Hier is twee heerlike Nespresso-resepte:

Nespresso-gemmerkoffie

  • Skuim 125 ml hawermoutmelk in die Nespresso-skuimer (frother).
  • Giet 5 ml Monin-gemmerstroop in die beker en voeg die skuimmelk by.
  • Maak ʼn Nespresso Double Espresso Scuro Vertuo-kapsule in die Vertuo-koffiemasjien met die beker wat reeds die eerste twee bestanddele bevat.
  • Bedien met ʼn fyngemaalde gemmerkoekie bo-oor die beker koffie.

Nespresso-vlatert-en-laventel-latte

  • Giet 100 ml melk in die Nespresso-skuimer.
  • Voeg 10 ml van Monin se laventelstroop by en klop tot ʼn skuim.
  • Maak ʼn Nespresso Vanilla Custard Pie-kapsule in jou Vertuo-koffiemasjien.
  • Voeg die skuimmelk bly en versier die koffieskepping met ʼn paar vars laventelblomme.

Kyk ook hier na Maroela Media en Nespresso se Fortado-koffie met wit sjokolade en klapper.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Excalibur ·

O-Wee! Hoeveel bekers Boerekoffie (Moerkoffie) kan ek drink voor ek die middelslag “Nespresso Vertuo Next Premium” koffiemasjientjie teen ongeveer R4, 499.99 kan aankoop? Hierdie is dalk vir die “Sandton Stads Jappie” en ie vir die normale Boer op die plaas of kantoorwerker nie! UITGEPRYS!!
Kom Nestle, gebruik jul ingeneursvaardighede en bring iets baie meer ekonomies en tog stylvol soos die “Nespresso” vir die Boer op die plaas wat om 05:00 ‘n beker koffie afsluk en gaan melk en dan weer teen 07:00 weer opvolg met ‘n beskuitjie of ook vir die jong vrou of man in die kantoor….

kolonel ·

Die Nespresso Vertuo Next is R3 499.
Watter prys sal jou geval Excalibur? Hoe gaan jy in elk geval gereeld koffie kapsules op die plaas kry? Terloops, hoe maak jy tans koffie in die oggend?

Cherokee ·

Raak lees kolonel, jy moet raak lees as jy dit kommentaarwaardig wil maak! Excalibur hèt gesê ‘middelslag’. En die rubriek hanteer die gewone SKELM manier om die laagste prys te adverteer, duidelik seggende dat dit gaan oor ‘n reeks van 3. Terloops, dit word gemaak uit ‘herwinbare plastiek’, wat miskien ou pee-potte is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.