Soorte resepte:

‘Local & lekker’: Leer ken SA wyne só aanlyn

(Foto: Verskaf)

As jy van die gelukkiges is wat nog wyn oorhet, kan jy jou eie wynkursus tuis doen en aanlyn daaroor leer.

Aangesien die Tops at Spar Wine Show vanjaar gekanselleer is weens die Covid-19-pandemie, gaan Cathy Marston, een van Suid-Afrika se wynkenners, prettige en interaktiewe wynkursusse nou aanlyn aanbied.

Die span agter die geleentheid wil juis die gesprek oor Suid-Afrikaanse wyne aan die gang hou te midde van ʼn verbod op die verkope van alkohol in die afsonderingstyd.

Marston sê jy kan selfs deelneem aan die kursusse as jy nie meer wyn in jou huis het nie!

“Ons het die onsekerheid oor wanneer ons weer wyn kan koop in ag geneem. Hierdie kursusse is so ontwerp om te verseker dat deelnemers nie wyn nodig het om iets te leer nie,” sê sy.

Elke sessie vind regstreeks plaas wat deelnemers toegang bied tot Marston vir die duur van die kursus. Marston sal ook tydens uitsending antwoorde op vrae van kursusgangers verskaf.

Tops at Spar Wine Show vind van Dinsdag 12 Mei tot Donderdag 21 Mei plaas. Die tema vir die kursus is “Local & Lekker – Focus on SA Wines”.

Marston gaan in die kursusse kyk na heerlike wit en rooi Suid-Afrikaanse wyne, en veral fokus op die flambojante geure en detail in hul smaak. Sy sal ook ʼn sessie aanbied oor Suid-Afrika se beste Méthode Cap Classique (MCC), vonkelwyne wat op die tradisionele manier gemaak is, en ander vonkelwyn.

Die kursus word as 45 minute lange Zoom-sessies aangebied en vind plaas van 18:00 tot 18:45 elke Dinsdag en Donderdag oor die volgende twee weke. Elke sessie begin met 30 minute van teorie en sluit af met ʼn interaktiewe, praktiese proesessie vir die oorblywende 15 minute.

Vir meer inligting besoek www.wineshow.co.za/courses.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Boortor ·

Ek ken dit alreeds! So dit bittergraag so bietjie wou proe! Kom nou ou cyril! Maak n plan en uiter die soetste woorde ASB!

Duck ·

Proe?
Proe wat?
Ek is al gatvol van gemmer en pynappel bier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.