Soorte resepte:

Luister: Kom ontdek 100 shiraz-wyne


Beste-12-Shiraz-wyn

Kom proe SA se top 12 shiraz-wyne by die Shiraz-op-skou wynproe geleentheid. Foto: Shiraz SA.

Is jy lief vir ʼn rooiwyn met die geure van peper, bessies en ʼn tikkie Turkse lekkers, dan is die shiraz-kultivar net die een vir jou. En nou het jy die geleentheid om 100 van hierdie gewilde wynsoort by die Shiraz-op-skou te proe.

Esté Meyer Jansen het met die organiseerder van die wynproe, Sandra Lotz, gesels oor die wynproe. Volgens Sandra sal jy nie net die geleentheid hê om die beste 12 shiraz-wyne in die land te proe nie, maar ook te besluit watter geregte hierdie wynsoort die beste aanvul.

  • Die Shiraz-op-skou vind Donderdag 18 Junie van 18:00 tot 21:00 by die Kaapstadse konferensiesentrum plaas. Kaartjies kan by Webtickets aangekoop word of besoek shirazsa.co.za vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.