Soorte resepte:

Resep: Bessie-smoothie

Bessie-smoothie (Foto: Versakf)

“Vir diegene wat effe skrikkerig is vir ʼn groen smoothie is hier ʼn ‘veiliger’ opsie in die vorm van ʼn vriendelike pers, bessie-weergawe. Dié smoothie is net so propvol goeie vette, proteïene en mikro-voeding, so jy hoef nie skaam te voel as jy dit bo die groen een verkies nie,” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek Armand kook kaal.

1 porsie
Bestanddele    

  • 4-5 ysblokkies
  • ½ k volroommelk
  • ½ k water
  • 1-2 skeppies (soos aangedui vir 1 porsie) 100%­weiproteïenpoeier (ek verkies aarbei- of vanieljegeur hiervoor)
  • 2 e volroomjogurt
  • ½ k bloubessies
  • 3-4 groot aarbeie
  • ½ k jongspinasie
  • 1 e chiasade
  • 8 amandelneute

Metode

  1. Plaas die bestanddele in die vermenger in die volgorde soos hiernaas uiteengesit.
  2. Blits in die vermenger totdat alles baie deeglik gemeng is. In ’n NutriBullet neem dit 1 minuut, in ’n vermenger 2 minute.
  3. Geniet as ’n maalvervanger, na ’n oefensessie of sommer op die stoep.

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

charmaine ·

Ek het so maand terug vir my n Smoothie masjien gekoop dis so lekker nou voor die vrugte afgaan dan smooth ek dit ek het nou elke dag n houer met lekker vrugte en ys ek gooi ook bietjie hawermout in of vervang melk met vrugte sap enige iets werk!

Johann ·

Ek kan nog nie vat kry aan al hierdie snaakse kombinasies nie en los dit maar vir die jonger geslag. Hou maar van my vrugte net gewoonweg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.