Soorte resepte:

Resep: Bloubessie-smoothie

Bloubessie-smoothie (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié drankie is nie net vol vars smake nie, maar bevat ook bestanddele wat sal sorg dat jy versadig voel.

Lewer 1 porsie

Bestanddele

  • 1 k vloeistof (koue water, onversoete amandelmelk of melk)
  • 50 g bevrore bloubessies
  • ½ bevrore piesang
  • knippie woestyn- of pienk sout
  • 1 t amandelbotter
  • 2 t karamelgeursel
  • 1 porsie kollageenpoeier (opsioneel)
  • 1 porsie plantproteïenpoeier van jou keuse
  • 1 e rou heuning
  • 1 opgehoopte t kremetartpoeier
  • 5-6 mentblare
  • ys

AFRONDING

  • ekstra bloubessies
  • mentblare

Metode

  1. Verwerk al die bestanddele vir 30 sekondes in ’n voedselverwerker of tot die tekstuur van jou keuse bereik is.
  2. Dien op met bloubessies en mentblare.

Wenk:

Die kremetartpoeier waarna hier verwys word, is die 100%- natuurlike kremetartpoeier wat in die gesondheidsafdelings beskikbaar is en nie die kaliumbitartraat wat as “cream of tartar” in die bakafdelings beskikbaar is nie.

Bron: Karlien kan nie kook nie deur Izelle Hoffman en Karlien van Jaarsveld
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.