Soorte resepte:

[Resep] Dekadente warm sjokolade

Foto: Pixabay.com

Dekadente warm sjokolade. Foto: Pixabay.com

Gee die drankie ʼn bietjie skop: verhit die melk met 1 gedroogde brandrissie en laat 5 minute staan om die geur te ontwikkel. Verwyder die rissie en gooi dit weg. Garneer met gedroogde brandrissievlokkies.

Genoeg vir 6

Bestanddele:

  • ½  k (110 g) strooisuiker
  • ¾  k (70 g) kakao
  • 1 k (250 ml) Clover Mmmilk (vanieljegeurmelk)
  • 100 g donkersjokolade, in stukkies gebreek
  • 1 k (250 ml) Clover vars room
  • 3 k (750 ml) Clover Mmmilk (vanieljegeurmelk), warm
  • ekstra kakao

Metode:

  1. Verhit die suiker, kakao en eerste maat melk in ʼn kastrol oor matige hitte, totdat die suiker opgelos is.
  2. Verlaag die hitte en roer die sjokolade by totdat dit gesmelt is.
  3. Meng die room en warm melk met ʼn draadklitser by.
  4. Proe en voeg meer melk by indien verkies. Giet in bekers en garneer met kakao.

Bron: Trooskos
Uitgewer: LAPA Uitgewers

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nic ·

‘n Sopie marula likeur gee ook ‘n heerlike ekstra smakie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.