Soorte resepte:

Resep: Fortado-koffie met witsjokolade en klapper

(Foto: Maroela Media)

Elke koffie-liefhebber verdien ʼn persoonlike barista in hulle huis, en met Nespresso se splinternuwe koffiemasjien, die Vertuo Next, is dit nou binne jou bereik.

Maroela Media het saam met Nespresso ʼn heerlike koffieskepping vir ʼn ekstra spesiale koppie boeretroos gemaak.

Lewer een koppie.

Bestanddele:

  • 1 Nespresso Fortado‑kapsule
  • 10 ml witsjokoladestroop van Monin
  • 60 ml laevetmelk
  • 1 eetlepel klapper

Metode:

  1. Gooi 5 ml van die stroop in ʼn piering of klein bordjie en bedek die rand van die beker met die stroop.
  2. Gooi die klapper in nog ʼn piering en doop die rand van die beker met klapper.
  3. Gooi 5 ml van die stroop in die beker.
  4. Gooi die melk in die beker.
  5. Laai die ekstrak van jou Nespresso Fortado‑kapsule in die beker loop.

Wenk: Laat die koffie uit die kapsule oor die agterkant van ʼn teelepel loop om mooi duidelike lae in die beker te skep vir ʼn ekstramooi opdiening.

Geniet jou spesiale koffie!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.