Soorte resepte:

Resep: Groen rooibos-smoothie

Groen rooibos-smoothie (Foto: SA Rooibos)

Alles wat goed is in een glas.

Lewer 1 porsie

Bestanddele

  • 1 klein appel, stronk verwyder
  • 5 cm-stukkie komkommer
  • 1 stingel seldery, blare ingesluit
  • ¼ k pietersielie, stingels ingesluit
  • 1 k jong spinasie
  • ⅛ sny suurlemoen, skil ingesluit
  • 10 ml suurlemoensap
  • 1 kiwi, geskil
  • ¼ k rou amandels
  • 1 e sonneblomsade (opsioneel)
  • 1 k aangemaakte rooibos-groentee, afgekoel
  • 6-8 ysblokkies

Metode

  1. Meng al die bestanddele, behalwe die ysblokkies, in ʼn sterk voedselverwerker tot glad.
  2. Voeg ysblokkies een vir een by tot heeltemal fyn en goed gemeng. Bedien dadelik.

Bron: SA Rooibos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.