Soorte resepte:

Resep: Groen smoothie

Groen smoothie (Foto: Lapa-uitgewers)

“Hierdie smoothie is meer van ʼn maalvervanger as wat dit ʼn gesellige drankie is. En moet asseblief nie skrik vir die groen voorkoms nie, dit ís lekker,” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek Armand kook kaal.

“Ek verkies natuurlik om my kos te eet eerder as om dit te drink, maar soms is daar net nie genoeg tyd om te kook nie, of soms is ek net nie honger nie en dan neem ek een van hierdie outjies saam met my om later te geniet.”

Lewer 1 porsie

  • 4-5 ysblokkies
  • ½ k volroommelk
  • ½ k water
  • 1-2 skeppies (soos aangedui vir 1 porsie) 100%-weiproteïenpoeier
  • 1 rou eier
  • ½ k jong spinasie
  • ½ avokadopeer
  • ½ rou wortel, gekap
  • 1 rou brokkoli-stukkie
  • 1 e pampoensade
  • 1 suurlemoen se sap

Metode

  1. Plaas die bestanddele in ʼn vermenger in die volgorde soos hierbo uiteengesit.
  2. Blits in die vermenger totdat alles baie deeglik gemeng is. In ʼn NutriBullet neem dit ʼn minuut, in ʼn vermenger twee minute.
  3. Geniet onmiddellik na ʼn oefensessie of neem saam met jou op die dag se avonture.

Wenk:

  • Afhangend van jou vermenger sal jy dalk elke sowat 20 sekondes moet stop sodat die swaarder bestanddele weer na onder kan sak en jy dit weer lekker kan blits.

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.