Soorte resepte:

[Resep] Kiwi-appel-ment-ystee

Foto: Maroela Media

Kiwi-appel-ment-ystee. Foto: Maroela Media

Ons het verlede week Koffiedag gevier, maar ons besef daar is mense wat eerder tee verkies. Daarom het ons dit goedgedink om sommer dié week ʼn paar heerlike teeresepte te deel.

Vir een vonkelglas

Bestanddele:

  • halwe kiwi, fyngedruk
  • 1 sakkie ystee (Freshpak Groentee – appel-en-mentgeur), vir ongeveer 80 ml in mengsel
  • appelsap, ongeveer 80 ml
  • 3 mentblare
  • Vul res van glas met limonade, sodawater of sprankelwater

Metode

  1. Brou die appel-en-menttee en laat afkoel in die yskas.
  2. Voeg die res van die bestanddele by.
  3. Hoeveelhede word aangepas volgens grootte van glas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.