Soorte resepte:

Resep: Kruisementjulep

Foto ter illustrasie (Foto: Paul Steuber/Pixabay)

Dié bourbon-mengeldrankie is perfek om op ʼn warm lentedag in die tuin te geniet.

“Of jy nou ʼn ywerige whiskydrinker is en of jy net dan en wan ʼn glasie skink, hierdie bourbon bied iets vir elke smaak,” sê Elizabeth McCall, assistent‑meesterdistilleerder van Woodford Reserve.

Bestanddele

  • 60 ml Woodford Reserve-bourbon
  • 14 ml stroop
  • 3 vars kruisementblare
  • gebreekte ys

Metode

  1. Druk die kruisementblare fyn en vryf dit binne in die glas. Voeg die stroop, bourbon en fyngemaakte ys by dieselfde glas en roer.
  2. Garneer met nog ys, vars kruisement en suiker.

McCall sê die Woodford Reserve-bourbon kan op ys of in ʼn heerlike skemerkelkie voorgesit word.

“Daar is meer as 200 waarneembare geure in Woodford Reserve – 212 om presies te wees,” sê McCall. “Woodford Reserve is meer as ʼn bourbon. Dit is ʼn sintuiglike ervaring.”

Bron: Woodford Reserve

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mad Mike die Rhodesiër ·

Nie lus vir alkohol? Vervang die whiskey met druiwesap of ander vrugtesap!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.