ʼn Verfrissende koeldrank sonder kleur- en preserveermiddels.
Lewer 1 L
Bestanddele
- ½ suurlemoen se skil (15 g)
- 250 g witsuiker
- 1 L koue water
- 250 ml vars suurlemoensap
Metode
- Sny die skil van die suurlemoen baie dun af.
- Plaas die suiker en koue water in ʼn kastrol en verhit dit oor lae hitte totdat die suiker gesmelt het. Voeg die suurlemoenskil by en verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut vir 3 minute.
- Verwyder die skil, roer die suurlemoensap by, sit die deksel op en laat afkoel.
- Giet die limonade in skoon bottels en hou verkoel.
Wenk: Meng 50 ml limonadestroop met 100 ml water of sodawater vir ʼn soet koeldrankie of meng die stroop met 150 ml water of sodawater vir ʼn dorslesser.
Bron: Uitpakkos deur Hilda Lategan
Uitgewer: Lapa
Heerlik!