Mev. Adrienne Cillie van Slangrivier, Wellington, vertel: “Die mense op ons ou plaas in die distrik Ladismith het hierdie eenvoudige koeldrank geslagte lank gemaak. Ons het natuurlik geen yskaste gehad nie, maar met die koel water uit die erdekraffie was dit ’n verfrissende drankie. Dit kan maklik verdubbel word.”
Lewer sowat 1,5 l stroop
Bestanddele:
- 1,5 l water
- 600 g (750 ml) suiker
- I pakkie (80 g) suurlemoen- of portwynjellie
- 15 ml sitroensuur
- 2 ml suurlemoengeursel
Metode:
- Verhit die water en suiker tot kookpunt. Laat dit ʼn rukkie vinnig kook. Voeg die jelliepoeier by en roer net tot opgelos. Laat dit weer opkook.
- Haal die stroop van die stoof af en roer die sitroensuur en geursel by. Laat dit afkoel en giet dan in bottels.
- Om te skink: Gooi ’n glas ¼ vol stroop en vul met koue water en ysblokkies.
Bron: Wenresepte 2
Uitgewer: Human & Rousseau
kan dit gepreserveer word