Soorte resepte:

Resep: Pampoenspesery-smoothie

Pampoenspesery-smoothie (Foto: Lapa-uitgewers)

Armand Aucamp deel sy gunsteling-pampoenspeseryresep.

Lewer 1 porsie

Bestanddele

  • 100 g gekapte pampoen
  • 1-2 skeppies (soos aangedui vir 1 porsie)
  • 100%­weiproteïenpoeier (vanieljegeur)
  • ½ k suikervrye amandel- of volroommelk
  • ¼ k klappermelk
  • 2 e volroomjogurt
  • 2 e pampoensade
  • 1 e pampoenspeserye
  • 4-5 ysblokkies

PAMPOENSPESERYE

  • 4 e kaneel
  • 1 e fyn gemmer
  • 2 t fyn anys
  • 2 t neutmuskaat
  • 2 t wonderpeper
  • 1 t fyn naeltjies

Metode

  1. Plaas die pampoen in ’n vergiettes bo-op ’n pot kokende water en stoom vir 10 minute of tot goed gaar met die deksel op. Laat eenkant staan om af te koel.
  2. Plaas die bestanddele alles saam in ’n vermenger en blits vir 1 minuut of tot alles goed gemeng is.

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

KrokodilBotha ·

Eskuus dis nogal baie bestandele vir n glas pampoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.