ʼn Yskoue en vrugtige pons is ideaal vir ʼn somerbraai. Hierdie pons is nie-alkoholies, maar jy kan dit maklik skop gee met jou keuse van alkohol.
Genoeg vir 6
Bestanddele
- 2 L Rhodes Quality-appel-en-bosbessiesap
- 1 L gemmerbier
- 65 ml (¼ k) vars suurlemoensap
- ys
- lemoenskywe en vars mentblare
Metode
- Verkoel al die bestanddele oornag.
- Plaas die ys in ʼn groot ponsbak.
- Meng die vrugtesap, gemmerbier en suurlemoensap met die ys.
- Versier met lemoenskywe en mentblare en dien koud op.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Yum! Sonder alkohol en vol vrugte! Pons en vrugte-en-Rooibos-ystee is baie gesond en lekker!