Soorte resepte:

Resep: Partytjie-pons

Partytjie-pons (Foto: Rhodes Quality)

ʼn Yskoue en vrugtige pons is ideaal vir ʼn somerbraai. Hierdie pons is nie-alkoholies, maar jy kan dit maklik skop gee met jou keuse van alkohol.

Genoeg vir 6

Bestanddele

  • 2 L Rhodes Quality-appel-en-bosbessiesap
  • 1 L gemmerbier
  • 65 ml (¼ k) vars suurlemoensap
  • ys
  • lemoenskywe en vars mentblare

Metode

  1. Verkoel al die bestanddele oornag.
  2. Plaas die ys in ʼn groot ponsbak.
  3. Meng die vrugtesap, gemmerbier en suurlemoensap met die ys.
  4. Versier met lemoenskywe en mentblare en dien koud op.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eend Bessinger ·

Yum! Sonder alkohol en vol vrugte! Pons en vrugte-en-Rooibos-ystee is baie gesond en lekker!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.