Soorte resepte:

Resep: Pynappelbier

Pynappelbier (foto: Lapa-uitgewers)

Dis maklik om jou eie bier te maak. En met slegs vier bestanddele!

Bestanddele

  • 1 pynappel met skil
  • suiker na smaak
  • ½ t droë gis
  • kookwater

Metode

  1. Sny die pynappel met die skil aan in blokkies.
  2. Plaas dit in ’n diep bak of pot en gooi kookwater by totdat die pynappelstukke bedek is.
  3. Voeg die suiker en gis by sodra die kookwater afgekoel het. Berg dit in ’n louwarm plek vir 24 uur.
  4. Filtreer die bier deur ’n sif of vadoek om die pynappelstukke van die bier te skei. Sit dit yskoud voor.

Resep: Sjef Snoekie laat die potte sing deur Marlise Scheepers

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

De Villiers ·

Ek het een Desember op my skoonpa se plaas uitgehelp nadat hy seer gekry het.
Ek het vir my gemmerbier gemaak en so twee bottels eenkan gehou.
Hulle het ek in die waenhuis gaan wegsteek in ‘n drom.
Ek het elke oggend die twee bottels so bietjie gaan afblaas en na ‘ week en ‘n half het ons dit gedrink….ek moes gaan slaap na een glas!

werner ·

Hierdie pynappel bier lyk so lekerrrrrr ek het amper my laptop gedrink

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.