Soorte resepte:

Resep: Spanspek-en­-kiwi-daiquiri’s

Spanspek-en-kiwi-daiquiri’s. (Foto: Lapa Uitgewers)

Het jy geweet daiquiri’s is na ʼn dorp in Kuba vernoem?

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 750 ml gekapte spanspek
  • 4 kiwivrugte, geskil en grofgekap
  • 500 ml fyn ys
  • 125 ml wit rum
  • 30 ml suiker
  • 5 ml fyngerasperde suurlemoenskil
  • 30 ml suurlemoensap

Metode

  1. Rangskik die spanspek in ʼn enkellaag op ʼn bakplaat en vries dit vir minstens 45 minute of tot ferm.
  2. Plaas die gevriesde spanspek en die res van die bestanddele in ʼn voedselverwerker en meng tot glad.
  3. Giet die mengsel in verkoelde glase en bedien dadelik.

Bron: Lekker en Vinnig – Vrugte
Uitgewer: Lapa 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Louise ·

Gaan dit beslis probeer, ek is ‘n sucker vir ‘n cocktail

Mad Mike die Rhodesiër ·

Nie lus vir ‘n dop? Vervang die rum met vrugtesap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.