Soorte resepte:

Resep-video: Angostura-bitter se rock shandy

Angostura-bitter se rock shandy. (Foto: Elsabe Erasmus/Maroela Media)

Angostura het van sy bitter aan Maroela Media gestuur en ons het die perfekte nie-alkoholiese drankie vir ʼn snikhete somersdag gemaak. Dit is boonop vinnig en maklik om te maak.

Bestanddele

  • Ys
  • Limonade
  • Sodawater
  • Angostura se aromatiese bitter
  • Suurlemoen of lemmetjie

Metode

  1. Gooi ys in ʼn lang glas
  2. Maak die helfte van die glas vol met limonade en die ander helfte met sodawater.
  3. Gooi sowat 4 tot 6 druppels Angostura-bitter bo-op en garneer met ʼn suurlemoen- of lemmetjieskyfie.

Angostura-bitter word sedert 1824 met dieselfde geheime resep gemaak. Dit is aanvanklik as ʼn elikser gebruik om soldate se maagkwale te genees. Die eerste mengeldrankie met Angostura-bitter as bestanddeel is in 1831 gepubliseer en sedertdien is dit ʼn gewilde bestanddeel van talle resepte en mengeldrankies.

Besoek Angostura-bitter se webwerf vir nog resepte vir kos en mengeldrankies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.