Angostura het van sy bitter aan Maroela Media gestuur en ons het die perfekte nie-alkoholiese drankie vir ʼn snikhete somersdag gemaak. Dit is boonop vinnig en maklik om te maak.
Bestanddele
- Ys
- Limonade
- Sodawater
- Angostura se aromatiese bitter
- Suurlemoen of lemmetjie
Metode
- Gooi ys in ʼn lang glas
- Maak die helfte van die glas vol met limonade en die ander helfte met sodawater.
- Gooi sowat 4 tot 6 druppels Angostura-bitter bo-op en garneer met ʼn suurlemoen- of lemmetjieskyfie.
Angostura-bitter word sedert 1824 met dieselfde geheime resep gemaak. Dit is aanvanklik as ʼn elikser gebruik om soldate se maagkwale te genees. Die eerste mengeldrankie met Angostura-bitter as bestanddeel is in 1831 gepubliseer en sedertdien is dit ʼn gewilde bestanddeel van talle resepte en mengeldrankies.
Besoek Angostura-bitter se webwerf vir nog resepte vir kos en mengeldrankies.