Soorte resepte:

Resep: Waatlemoengranita

Waatlemoengranita (Foto: Lapa-uitgewers)

Waatlemoen en Desember loop hand-aan-hand. Probeer gerus dié drankie.

Lewer 2 liter

Bestanddele:

  • 1 k (250 ml) Clover Krush-bessiesap
  • sap van 2 lemmetjies
  • ¾ k (150 g) suiker
  • 1 kg waatlemoen, geskil, pitte verwyder en in blokkies gesny
  • 1 e (15 ml) rooswater

Metode:

  1. Sit twee 30 x 20 cm-metaalbakplate wat ten minste 3 cm diep is in die vrieskas om koud te word.
  2. Meng die bessie- en lemmetjiesap en suiker in ’n kastrol en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut vir 3 minute. Voeg die waatlemoen by en kook vir nog ’n minuut.
  3. Verwyder van die hitte en roer die rooswater deur. Laat heeltemal afkoel.
  4. Verpulp die mengsel tot glad in ’n voedselverwerker.
  5. Giet die mengsel in die koue bakplate. Bedek met kleefplastiek en vries vir 8 ure tot gestol.
  6. Haal die bakplate uit die vrieskas en laat vir 10 minute afkoel om sag genoeg te wees sodat jy ’n vurk kan deurtrek. Skraap die vurk deur om growwe yskristalle te vorm.
  7. Skep die granita in verkoelde glase en sit dadelik voor.

Resep: Gunsteling Poedings

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.