’n Koppie boeretroos maak soms sommer alles reg wat verkeerd is, maar hoe gemaak met die lus vir koffie in die warmste paar maande van die jaar?
Met die huidige ekonomie waar almal hulle sente behoorlik twee maal moet omdraai, gaan jy jou gesin en gaste vreeslik beïndruk met hierdie koue drankie!
Lewer 2 groot glase yskoffie
Bestanddele
- 1 k melk
- 2 k ys
- 3 e goeie kitskoffie
- suiker na smaak (kan vervang word met versoeter)
- 1 t vanieljegeursel
Metode
- Los die kitskoffie en suiker op in ’n klein bietjie kookwater. Laat afkoel.
- Gooi die afgekoelde kitskoffie mengsel, vanieljegeursel, ys en melk in ʼn voedselverwerker met skerp lemme en meng alles saam tot al die ys fyn is en goed deurgemeng is met die res van die mengsel. Dit moet soos slush puppy
- Gooi nou die yskoffie in lang glase en sprinkel ’n paar knippies koffiepoeier bo-oor. Bedien dadelik.
Resep: Colette Schultz
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Baie lekker
Ek verkies warm koffie, maar sal soms ‘n koue enetjie geniet (veral as ek vergeet het om dit warm te drink)…