Soorte resepte:

[Video] Klink ʼn glasie blou wyn!

Blou wyn Foto: Gik

Blou wyn Foto: Gik

Meeste mense verkies ʼn glas rooiwyn of witwyn, maar nou is blou wyn ook beskikbaar!

Gik, ʼn Spaanse maatskappy, het in samewerking met die Universiteit van Baskeland en Azti Tecnecalia, ʼn voedselnavorsingspan, dié blou wyn vervaardig. Die wyn word gemaak van rooi en wit druiwe wat van verskeie wingerde dwarsoor Spanje geoes is.

Die blou kleur is ʼn kombinasie van ʼn pigment wat in die dop gekry word en indigo-kleursel.

Gik verduidelik hulle het op dié kleur besluit omdat dit “beweging, innovasie en ewigdurendheid” voorstel.

Die wyn is binnekort in verskeie lande in Europa beskikbaar teen ongeveer £8 (R170) per bottel.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marc ·

Ja, maar wit, rooi en rosé wyne het natuurlike kleure. Hierdie is ‘n kunsmatige kleur. Laat my dink aan “shooters”. En nee, wynliefhebbers sal nie daaraan raak nie.

Johann Marx ·

Ag hierdie is niks nuuts nie? Ons in Suid Afrika het laaaaannnkal sulke blou wyn….jy gooi dit net eers deur ‘n bruinbrood voordat jy dit drink!!!

Eliza-beth ·

Haha Johann Marx, ja hulle noem dit mos die “blou trein”, ai…dis maar erg. Hierdie lyk regtig grillerig – nee wat hou verby.

Eliza-beth ·

..wou nog byvoeg, alhoewel ek rooiwyn lief gee selfs net een glasie my kopseer, nou lees ek hul gooi indigo kleursel ook by, nee wat ek is seker mens sal dan eers kopseer kry van die onnatuurlike goed!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.