Rooibosdag is vir die eerste keer in 2016 gevier, en sedertdien vier ons elke jaar op 16 Januarie dié besonderse plaaslike tee.
Rooibosdag word in Clanwilliam gedenk, wat die wêreldhoofsetel van rooibos is, maar dit word wêreldwyd ook op sosiale media gevier.
Rooibos is alombekend as ʼn wonderplant wat goed is vir jou hart, veroudering teenwerk en ryk is aan anti-oksidante. Rooibos is ook al lank nie meer net ʼn verfrissende drankie vir teetyd nie, dit word nou ook gebruik om koeke te geur en velprodukte word daarvan gemaak.
Die goeie nuus is: 2019 was ʼn goeie jaar vir rooibos. Sowat R4,5 miljoen is geskenk om rooibosnavorsing aan te help, die bekende koffiekettingwinkel Starbucks het ʼn Rooibosdrankie op hul spyskaart bygevoeg en dié tee het naam gemaak in Japan met rekord-uitvoersyfers.
Vandag kan jy Rooibosdag vier deur ʼn lekker groot koppie rooibostee te drink, ʼn koek te bak wat met rooibos gegeur word, jou rooibosteesakkies op jou oë laat rus vir ontspanning óf ʼn lekker ystee daarvan maak.
Kyk hier watter voordele rooibos vir jou kan inhou:
- Gewigsbestuur
- Verouderingsvoordele
- Kafeïenvrye drankie
- Ryk aan anti-oksidante
- Goed vir hartgesondheid
- Stabiliseer bloedsuikervlakke
- Beveg nierstene
- Goed vir ystertekort tydens swangerskap
- Bekamp slaaploosheid
- Bekamp hardlywigheid
Maroela Media
Kan julle asb vir ons n kalender met sulke spesiale dae plaas? Ek weet daar is n Melktertdag ook, maar kry nie die datum vir 2020 op die internet nie.