Soorte resepte:

Waatlemoen-en-perske-slapjantjie

Foto op die stel van Pretville geneem

Lewer 6 glase

3-4 k waatlemoenstukke (geen skil of pitte)
1 k laevetvanieljejogurt
1 k aarbeie (gevries)
1 k groen spanspek
1 k perskesap
1 k sodawater

Verpulp al die bestanddele saam in ‘n voedselverwerker tot glad en romerig.

Wenk: Rond met ‘n kruisementblaartjie af.

Resep oorspronklik gepubliseer in Proe Pretville
Uitgewers: Lapa
Prys: R225-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.