Soorte resepte:

Wen: Vier die lewe met Van Loveren se stylvolle nul-alkohol-vonkelwyn

Van Loveren se Absolute Zero-reeks het die vonkelwyn in ‘n klassieke groen bottel. (Foto: Verskaf)

Van Loveren se nuwe Absolute Zero-vonkelwyne is die perfekte reeks gesofistikeerde borrels wat enigiemand op enige plek en te eniger tyd kan geniet.

Hierdie vonkelwyne bevat nie net 0,0% alkohol nie, maar is ook besonder laag in kilojoules en selfs veganis-vriendelik. Die nuweling is die regte pasmaat as jy een van diegene is wat gesonder op alle vlakke wil leef.

Absolute Zero is jou antwoord tot meer oordeelkundige wyndrinkgewoontes en groot leefstylveranderinge. Dit omseil nie net die strenger drink-en-bestuurwetgewing nie, maar pas ook by jou voornemens om alkoholvry te leef vir ʼn dag, week of maand of selfs vir altyd.

Van Loveren se Absolute Zero-reeks bestaan uit twee wyne: die klassieke groen bottel is die vlagskip en word in ʼn droër styl gemaak. Dit vertoon vars tropiese geur op die tong en word deur prettige fyn borrels aangevul. Absolute Zero Nectar vertoon sy ligte goue skynsel in ʼn deursigtige bottel en het ʼn effens droë smaak. Die geure van ryk heuning, vars vrugte en nougat talm langer op die tong en het ʼn verlengde nasmaak.

Albei bottels vonkelwyn is gekroon met ʼn klassieke kurkprop wat omvou is met ’n stylvolle foeliehoed – ’n geskenk wat net wag om oopgemaak te word, ongeag die okkasie. Absolute Zero bied jou volkome vryheid om ’n glas wyn te drink net wanneer jy wil, aangesien dit ’n veel gesonder keuse is.

Die wyn se gehalte word onderskryf deur die Van Loveren-naam. Van Loveren is ’n Retief-familieonderneming wat sedert 1937 wyn maak in die Robertson-wynvallei en sy stempel afgedruk het as Suid-Afrika se voorste produsent in sy soort. Vandag is dit onder die leisels van die derde geslag Retiefs – Bussell, Hennie, Phillip en Neil – die vier neefs van die geliefde Four Cousins-handelsmerk. Hul ander reekse sluit onder meer in die Van Loveren-erfenisreeks, Christina-enkelwingerdwyne, die Zandvliet-landgoedreeks, Retief Reserve-familieversameling, die Rhino Run-topbewaringsreeks, Tangled Tree en Papillon.

Absolute Zero Nectar vertoon sy ligte goue skynsel in ʼn deursigtige bottel en het ʼn effens droë smaak. (Foto: Verskaf)

Absolute Zero is ʼn uitbreiding van Van Loveren se aanbieding in hierdie marksegement en volg kort op die hakke van Almost Zero, ʼn driemanskap wyne wat minder as 0,5% alkohol bevat. Die vonkelwyn is reeds as nie-alkoholies geklassifiseer. Omdat Absolute Zero geen alkohol bevat nie, kan jy dit 24 uur lank, sewe dae per week koop wat beteken geen drankbeperkings ooit weer vir jou nie.

As jy gou spring, kan jy Absolute Zero eerste kry deur aanlyn via www.vanloveren.co.za te bestel, waar dit teen R600 per kis verkoop en by jou deur afgelewer word.

Hierdie wyn sal 1 Desember in die kleinhandel beskikbaar wees.

Versprei die woord aanlyn en gebruik #VanLoverenWines #EnjoyAbsoluteZero. Haak Van Loveren op Facebook, Instagram en Twitter.

Skakel 023 615 1505 of e-pos [email protected] vir meer inligting.

Nomineer iemand om ʼn kissie Absolute Zero-vonkelwyne te wen:

Vir wie sal jy graag ʼn gemengde kissie Absolute Zero-vonkelwyne wil gee? Maroela Media het drie kissies van die nuwe reekse Van Loveren-vonkelwyne om weg te gee, maar in die gesindheid van omgee en met Kerstyd om die draai, wil ons hê jy moet iemand nomineer om die prys te wen.

Stuur die persoon se naam en rede vir die nominasie vir ons deur die inskrywingsvorm hieronder in te vul. As jou nominasie ons beoordelaars se aandag trek, sal ons jou nader om meer inligting oor die persoon wat genomineer is sodat ons sy of haar prys kan aanstuur.

Baie geluk aan Suzaan Hamman wat Tracey van Haght genomineer het, asook Irma Muller wat vir Stienie Galloway genomineer het en Lize Snyman. Hoop julle geniet die Absolute Zero-vonkelwyne van Van Loveren!

Bepalings en voorwaardes:

  • Die nominasies vir wenners sal lukraak uit die inskrywings gekies word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Slegs drie wenners word aangewys.
  • Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • ʼn Prys bestaan uit ʼn kissie gemengde Absolute Zero-vonkelwyne van Van Loveren.
  • Die wenners se name sal op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Lees ons privaatheidsbeleid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.