Soorte resepte:

Eet jy te veel sout?

(Argieffoto)

Hoe gereeld gryp jy na die soutpot voordat jy aan die kos geproe het?

Internasionale Soutbewusmakingsweek is 4 tot 11 Maart , en dié week val die kollig op die uitwerking van oormatige soutinname op jou liggaam. ER24 moedig mense aan om hulle soutinname te verminder.ʼn Hoë soutinname in jou dieet kan tot hoë bloeddruk, beroerte, hartprobleme, osteoporose, maagkanker, nierkwale en vetsug lei.

“Wanneer jy te veel sout en natrium inneem, moet jou liggaam water terughou om al die sout uit te spoel,” het dr. Robyn Holgate, hoof‑ mediese beampte by ER24, verduidelik.

“Die ekstra water, as gevolg van die sout, sit meer spanning op jou hart en bloedvate, en dit kan jou bloeddruk opstoot,” het sy gesê.

Die probleem is nie net met die sout wat jy oor jou kos gooi nie, maar ook die sout wat reeds in jou verwerkte kosse weggesteek is.

“Daar is baie sout in kosse waarvan jy dalk nie eens bewus is nie, soos byvoorbeeld MSG (mononatriumglutamaat). ʼn Mens kyk nie noodwendig vir hierdie bestanddeel wanneer jy die etiket lees nie, maar dit kan daartoe lei dat jou soutinname hoër is as wat dit moet wees. Jou soutinname moet minder as ʼn teelepel sout per dag wees,” het Holgate gesê.

Holgate beveel verder aan dat jy soutinname met dié wenke verminder: “Vermy tafelsout, kosse wat hoog in natrium is en soutplaasvervangers. Jy hoef nie enige sout in jou dieet by te voeg nie.

“Lees die etikette en maak seker jy kies kosse wat natriumvry, ʼn lae natrium‑inhoud het of ongesout is. Hou ook soutplaasvervangers dop, want van hulle bevat nog steeds natrium al het hulle nie sout in nie. Kosse met ’n hoë natriuminhoud sluit spek, ham, slaaisous, sojasous, gepekelde kos, gemarineerde kos, peuselhappies en ander geprosesseerde kos in.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Nika ·

kry maar pink Himalayan sout. Dit is tog gesonder as gewone wit sout.

Salamander ·

Nika, sout is sout. Die chemiese samestelling van sout regoor die aarde is presies dieselfde. Al verskil met die verkeidenheid soute is die hoeveelheid entipe onsuiwerhede wat daarin voorkom.

Anel van der Merwe ·

My pa is ‘n maand gelede oorlede as gevolg van te min sout. Kan die persone wat sê hoe sleg sout vir jou is ook sê hoe bitter sleg dit vir jou is om te min sout ook te hê en dat ‘n telling van 121 jou in ‘n koma kan laat verval, jou deurmekaar maak, jou spiere styf laar voel en jy val, jy nie beheer oor jou blaas het nie en die lys word nog langer. Dankie! Ek eet nou maar my sout

JSG ·

Anel, jammer om te hoor van jou voorval. Nes te veel sout nadelig vir jou is, is te min ook nadelig vir jou. Die liggaam het sout nodig om te funksioneer. Die probleem kom in soos die artikel noem. Heelwat sout word in verwerkte voedsel gevoeg vir smaak en dit dien ook as ‘n preserveer middel. Met die gevolg is ons kry meer sout in as wat ons nodig het. Die beste is indien daar so ‘n mediese geskiedenis in jou familie is, is om gereeld jou soutvlakke te laat toets.

WIEBO ·

Ek is al van kleins af gese ek sal doodgaan van al die sout. Wel, ek is nou 52, eet vandat ek kan onthou, elke dag n groot pak sout en asyn chips, tot vandag toe. Ek gebruik n potjie sout per week oor my kos, en sal glad nie eers proe voordat ek eet nie, ek gooi sout oor my kos voordat ek eet.. Ek ly my hele lewe lank aan lae bloeddruk. Wel, ek sal so bly wees as iemand toetse op my kan doen om te bepaal hoe my soutverslawing my gesondheid beinvloed.

Anoniem ·

Ek eet baie sout, soos deur die dokter beveel. Dit help vir my lae bloeddruk. Suid-Afrika voer al vir jare nie meer medisyne vir lae bloeddruk in nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.