La Colombe in Constantia, Kaapstad, is Sondagaand by die Eat Out-toekennings as die beste restaurant in Suid-Afrika aangewys.
Die koswebwerf Eat Out stel jaarliks ʼn lys van die tien beste restaurante in die land bekend. ʼn Paneel van anonieme beoordelaars het punte vir elke restaurant gegee wat gebruik is om die wenners te kies.
Verlede jaar was La Colombe in die nr. 3-posisie, maar vanjaar dra hy weer die kroon terwyl The Restaurant at Waterkloof, wat verlede jaar se nr. 1-restaurant was, twee plekke afskuif.
Bertus Basson van Eike en Overture het die prys gewen vir die sjef van die jaar, terwyl Kalego Mlambo van The Marabi Club as die beste opkomende ster aangewys is. Die beste nuwe restaurant van die jaar volgens dié paneel is Jewell’s Restaurant in die Paarl.
Hier is die toptien restaurante in Suid-Afrika:
- La Colombe (Constantia, Kaapstad)
- The Test Kitchen (Woodstock, Kaapstad)
- The Restaurant at Waterkloof (Somerset-Wes)
- Wolfgat (Paternoster)
- FYN Restaurant (Kaapstad)
- La Petite Colombe (Franschhoek)
- Eike (Stellenbosch)
- Slasify (Kampsbaai)
- Restaurant Mosaic at the Orient (Elandsfontein, Pretoria)
- Chefs Warehouse at Beau Constantia (Constantia, Kaapstad)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
50 Kommentare
Ek is nie so seker wie en hoe hierdie beoordelings gedoen word nie. Ons het al by twee geleenthede opgestaan en uitgeloop by ” The Restaurant at Waterkloof” agv patetiese diens !!!
Klugspul! elke jaar PRESIES dieselfde restuarante en 99% in die Kaap? dis bykans onmoontlik dat daar in Gauteng( behalwe Mosiac), geen ander plekke is nie. Verseker is vd Kaapse restaurante besonder goed, maar terselfdertyd, moet daar in die res van SA ook goeies wees.
Boetjies vir baadjies: it is all about whom you know…..dus besluit paneel van 6 wie DIE Beste is in SA?
So gekuier in die Kaap hulle het die vlug gemis Jhb toe.. darem as ‘n nagedagtetjie is daar een in Pta benoem.
Wens daar was meer restaurante in Gauteng op die lys!