Soorte resepte:

Fijnwynfees: drie feeste vanjaar vir Pretoria

Fijnwyn

Fijnwys 2015 Foto: Laurentia E Photography. Facebook/Fijnwyn

Daar is altyd die lieflikste kos-en-wynfeeste in die Kaap en ʼn mens raak sommer jaloers as jy nie daar naby woon nie. Gelukkig is daar ook ʼn kos-en-wynfees wat Gautengers se harte vreeslik bly maak.

Die Fijnwyn-fees wat elke jaar in Pretoria gehou word, is so gewild dat organiseerders drie geleenthede vanjaar gereël het. “Dié fees het ongelooflik gegroei, dit word nou as een van die gewildste wynfeeste in Pretoria beskou,” sê Charmaine Lourens van Shokran Events.

“Die Kaap is bederf met so baie feeste en wynplase en ons het besluit om daardie atmosfeer Pretoria toe te bring, en die gevoel wat ons skep is enig in sy soort.”

Charmaine sê wat dié fees so spesiaal maak, is die feit dat hulle op kwaliteit fokus en dat dit nie ʼn kommersiële fees is nie. “Ons is baie kieskeurig oor wie op ons fees is met die wyn, kos én die vermaak. Ons doel was om kleiner boutique-wynplase op die fees te kry, hoewel die groter plase ook daar is. Dieselfde met die kos – ons probeer om regtig ʼn verskeidenheid van kosstalletjies daar te hê. Vanjaar het ons selfs ‘Food Trucks’ wat nou besonder gewild is.”

Daar is ʼn verskeidenheid kunstenaars wat optree wat volgens Charmaine met die hand uitgesoek is. “Ons skep ook ʼn forum vir jong, opkomende kunstenaars.”

Die organiseerders sê die doel van dié fees om lekker te kuier saam vriende terwyl jy geleedheid kry om wyn te proe van die uitsoekplase en goeie kwaliteit kos te eet.

Die toegang van R150 sluit ʼn proeglas in, wat jou die geleentheid gee om van elke wynplaas se wyn te proe en ouers hoef nie bekommerd te wees nie – daar is plek vir die kinders ook wat deur ʼn spanboumaatskappy hanteer word. Dié fees word op 30 April, 1 Mei en 26 September by Shokran gehou.

Besoek Fijnwyn se Facebook-blad vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.