Soorte resepte:

[Foto’s] 25 Kosblik idees

Tunabroodjie

Foto: 5dollardinners.com

Dis amper weer tyd vir kinders om terug skool toe te gaan en ʼn lekker kosblik maak die skooldag sommer beter. Hier is 25 kosblik idees om mammas se werk bietjie makliker te maak.

Jy kan ook ʼn lys van proteïne, groente, vrugte en grane hier aflaai wat jou sal help om ʼn gebalanseerde kosblik te pak.

Besoek gerus 5 Dollar Dinners se webtuiste vir nog oulike kosblik idees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
zonika

Als lyk so lekker en mooi gepak….tot dit pouse is dan daai piesang pap en als n bogerop dat die kind dit netso weer huistoe bring…dit begin afgaan ini hitte eni geskommel in die tas.
..maar goeie idees….

thea

dit lyk pragtig, maar met die meeste mense se geldsake laat dit nie toe om dit in te pak nie
grondboontjie toebroodjie, en miskien n vrug, pas die meeste middel klas beursie, die kinders wat die kosblikke kry is gelukkig, ek myself eet maar net n gewone toebroodjie en koppie koffie, die bestandele is te duur vir my

Kyra

mmm…ek wens my ma was so lief vir my toe ek op skool was :)

Eliza-beth

Ons het grootgeword op grondboontjiebotter-en-stroop of appelkkooskonfyt-en-kaas of stroop en kaas of Marmite broodjies en ‘n appel of lemoen as daar was en dit was dit. My ma het self brood gebak en die dae wat sy gebak het was daar altyd genoeg deeg om vetkoeke te bak en dit was dan die uitsondering op eersgenoemde, vetkoek met stroop in die kosblik. En ons was gesond! As jy nie jou broodjies geëet het nie, moes jy hou tot middagete so jy het geëet en klaar, g’n niks se gefiemies en dinge nie! En na alles is grondboontjiebotter-en-stroop en dan stroop… Lees meer »

Elfie

Watter ma het nou tyd om die goete te maak – kyk dan die broodjie wat soos ‘n legkaart gesny is! Asseblief tog. En baie van die goed sal my kinders nie eet nie, gewone broodjies met gewone goed bly tops, die wat dit nie wil eet moet maar honger bly – hul sê nie verniet honger is die beste kok nie. Ons moet ophou om die Amerikaners ens te volg met hul idees.