Soorte resepte:

Framboos kaaskoek gevulde French Toast

Framboos_kaaskoek_Gevulde_French_Toast

Foto verskaf

Resep deur William de Bruin

Ek het een oggend met dié resep vorendag gekom terwyl ek ontbyt voorberei het vir gaste by my gastehuis. Dit is een van ons gewildste resepte en is ook opgeteken in ons kookboek!

Bedien 2, gereed in 10 min

Bestandele:

  • 1 koppie melk
  • 2 eetlepels vanielje
  • 1 koppie wit suiker
  • 2 eetlepels kaneel
  • 4 eiers, geklits
  • 1 koppie framboos puree
  • 114 gram roomkaas (sag gemaak)
  • 1 Franse brood, in dun snye gesny
  • Botter
  • Suiker en neutmuskaat vir bolaag

Metode:

Klits die melk, vanielje, suiker, kaneel in die geklitste eiers tot goed gemeng. Verroom die framboos  en roomkaas tot glad in ʼn ander bak. Maak ‘toebroodjies’ deur op elke sny van die framboos en kaasmengsel te smeer.  Plaas nog  ʼn sny bo-op.

Smelt die botter oor medium hitte in ‘n groot pan of rooster. Doop die broodjie in die eiermengsel. Braai tot goed bruin aan albei kante vir sowat 5 minute. Strooi suiker en neutmuskaat bo-oor. Sit dadelik voor.

Stuur vir ons jou French toast resep:

Het jy ʼn gunsteling French Toast resep wat jy graag met ons wil deel?  Jy staan nie net ‘n kans om wonderlike pryse te wen nie, maar ook om jou resep te sien op die spyskaart by die French Toast Koffie Kafee in Hartbeespoort.  Skryf hier in.  French Toast die film kan gesien word in teaters vanaf die 24ste April.  Lees meer oor die kompetisie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Suzette ·

Nee ek verstaan nie nou nie. Hoeveel room, julle se niks by die bestandele nie.

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Suzette

Baie dankie vir jou navraag. Ons het gou die foutjie reggestel!

Groetnis
Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.