Soorte resepte:

French Toast kebabs

FRENCH-TOAST-KEBABS.jpg

Foto: Verskaf.

Resep deur Anneke Langham

Ontbyt op ’n stokkie.

Bedien 4, gereed in 10 min.

Bestanddele:

  • Dag-oue piesangbrood
  • 3 groot eiers
  • Halwe koppie melk
  • 1t vanielje
  • ’n Knypie kaneel
  • Botter
  • Verskeie vrugte: aarbeie, piesangs, druiwe, bloubessies, opgesny in hap-grootte stukke
  • Bamboes-kebabstokkies
  • Esdoringstroop

Metode:

Sny brood in 2 cm stukke en sit eenkant. Klits die eiers, melk, vanielje en kaneel saam in ’n vlak bak. Smelt botter oor ’n lae hitte in ’n pan. Doop broodstukkies in die eiermengsel en sit in vooraf verhitte pan. Braai vir ongeveer ’n minuut of tot goudbruin per kant. Ryg die broodstukkies om die beurt met die vrugtestukkies aan die kebabstokkies. Bedien met Esdoringstroop.

Stuur vir ons jou French Toast resep:

Het jy ʼn gunsteling French Toast resep wat jy graag met ons wil deel?  Jy staan nie net ‘n kans om wonderlike pryse te wen nie, maar ook om jou resep te sien op die spyskaart by die French Toast Koffie Kafee in Hartbeespoort.  Skryf hier in.  French Toast die film kan gesien word in teaters vanaf die 24ste April. Lees meer oor die kompetisie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.